Kekerertjie Kerrie Resep
Lus vir 'n plantgebaseerde gereg wat vol geur, min kalorieë, en ryk aan yster is? Probeer ons romerige en geurige kekerertjie-kerrie – ’n vegan-bederf wat beslis gaan beïndruk! 🍛💚
- Pot
- Mes
- 2 etl eetlepels klapperolie
- 2 groot uie (fyngekap)
- 6 knoffelhuisies (fyngekap (of meer as jy niemand moet soen nie))
- 800 g kersietamaties (gehalveer (Of 1 blikkie Woolies kersietamaties en 400g normale kersietamaties))
- 2 tl garam masala
- 2 tl kerriepoeier (Mild Rajah is vir my die beste)
- 4 etl Chillie poeier (optioneel) (Vir bietjie ekstra hitte. Grof.)
- 1 tl borrie
- 1 tl gemaalde kaneel
- 0.5 tl gemaalde kardemom
- 1 tl gemaalde komyn
- 1 tl seesout (plus meer na smaak)
- 1 tl vars gemmer (gerasper (ek mik altyd om so +- helfde gemmer as knoffel te hê))
- 2 etl tamatiepasta (1 klein blikkie)
- 960 g 2 blikkies (gedreineer)
- 400 ml klappermelk (1 blikkie)
- 400 ml groenteaftreksel (Vegetable Stock)
- 4 koppies baba-spinasie
- Rooipepervlokkies of gekapte groenrissies vir opdiening (opsioneel)
-
Smelt die klapperolie in 'n swaarboompot oor medium hitte en voeg die uie by. Kook vir 3-5 minute of totdat dit sag is.
-
Voeg die knoffel en chilli (optioneel) by en kook tot sweet.
-
Roer die garam masala, kerriepoeier, borrie, kaneel, kardemom, komyn, gemmer en seesout by. Kook vir 2 minute.
-
Voeg die tamaties by en kook dit bietjie af vir so 5min.
-
Voeg tamatiepasta en die kekerertjies by en roer goed deur. Voeg die klappermelk en groenteaftreksel by en bring die mengsel tot kookpunt.
-
Verminder die hitte na laag en kook sonder deksel vir ongeveer 25 minute of totdat die sous dik en romerig is. Sit die stoof af en roer die spinasie in en laat dit sag word.
-
Verwyder die kerrie van die hitte en bedien met 'n bietjie rissies, koljanderblare en gekookte rys.
Notas:
- Kan ek beklikte tamaties in plaas van vars gebruik? Ja. ’n Blikkie van 400g gekapte tamaties veral Woolworths se kersietamaties werk ook goed in hierdie resep. Die geur is effens meer suur, maar dit is skaars merkbaar.
- Vries hierdie kerrie goed? Ja. Laat die kerrie heeltemal afkoel na kook, plaas dit in ‘n vrieskas-veilige houer, etiketteer dit met die naam en datum, en bêre dit vir tot 3 maande.
- Opsie vir Nie-Vegane Weergawe: Vir ‘n nie-vegane opsie, kan jy vel-af hoenderborsies gebruik. Kook die hoenderborsies apart tot ongeveer 90% gaar, met ‘n bietjie sout en rooipeperpoeier vir ekstra geur. Laat die hoender rus, sny dit dan in hapgrootte blokkies en voeg dit aan die einde van die kerrie by. Vervang ook die groenteaftreksel met hoenderaftreksel – dit gee ’n heerlike, hartige smaak aan die gereg en maak dit ekstra lekker!
Wenke om tyd te bespaar:
- Gebruik geblikte kekerertjies om kooktyd te verminder.
- Gebruik ‘n goeie kwaliteit geblikte tamatie om voorbereiding en kooktyd te verminder.
- Jy kan ook gekapte tamaties oorslaan en tamatie-passat in plaas daarvan gebruik – dit help om die kerrie vinniger dik te maak sonder om smaak te verloor.
- Om jou kerrie vinniger te verdik, kook dit vir 15 minute. Meng 2 eetlepels water met 1 eetlepel mielieblom en voeg hierdie “slurry” by die kerrie. Roer goed in; die sous behoort gou te verdik.
Resep geinspireer deur https://mygoodnesskitchen.com/